Share This Post

Komprehensiewe Seksualiteitsopvoeding (CSE) Wat staan skole te doen?

Komprehensiewe Seksualiteitsopvoeding (CSE) Wat staan skole te doen?

 Die SAOU het in die afgelope week ʼn ondubbelsinnige standpunt rondom die beplande implementering van die CSE metodologie ingeneem. Die Departement van Basiese Onderwys het op die eise van die SAOU gereageer en in die media aangekondig dat die SAOU se standpunt en die siening van ouers en ander rolspelers in ag geneem moet word. Die DBO het aangekondig dat daar ʼn keuse ten opsigte van leermateriaal en leerinhoud, sowel as implementering sou kon wees. Die projek word tans as ʼn loodsprojek hanteer, maar hierdie standpunt moet egter steeds krities bejeën word, met die oog op die moontlikheid van gedwonge gebruik van een stel leermateriaal. 

Die standpunt van die SAOU is dat die SAOU: 

1. Ouderdomsgepaste seksualiteitsopvoeding ondersteun soos in die huidige LO kurrikulum vanaf 2000 ingesluit is. 

2. Die realiteite onderliggend tot seksualiteitsopvoeding volledig verstaan, nl. dat weerlose kinders ten alle koste teen seksuele eksploitering beskerm moet word,dat tienerswangerskappe verminder moet word en dat leerders ingeligte besluite tov seksualiteit moet kan neem. Ons problem is dus nie met die kurrikulum nie, maar met die afdwing van slegs een stel leermaterial. 

3. Nie ten gunste is van seksopvoeding, veral eksplisiete seksopvoeding, as teenvoeter vir verantwoordbare seksualiteitsonderrig nie. 

4. Ten sterkste enige “one-size-fits all” benadering van die DBO VERWERP. Dit verwys veral na gemeenskaplike take, toetse en assessering. In hierdie benadering VERWERP die SAOU voorgeskrewe lesplanne (scripted lesson plans), voorgeskrewe onderwysergidse en leerderboeke, sowel as afdwingbare assessering, wat die comprehensive sexuality education (CSE) metodologie sou steun. 

5. Die outonomie van die skoolbeheerliggaam, skoolbestuurspan en die onderwyser onderskryf. Die skoolbestuurspan en die onderwyser moet die KEUSE gegun word oor hoe inhoud aangebied word. 

6. Die outonomie van die skool bestuurspan en die onderwyser beskerm deur aan te dring om meer as EEN handboek op die mark te hê wat ʼn keuse sal laat vir die aard van inhoud. 

WAT STAAN SKOLE TE DOEN? 

Volgens die uitsprake van die Minister van Basiese Onderwys in die media is aangedui dat die status quo in skole (met uitsondering van skole wat reeds deel van die loodsprojek vorm) gehandhaaf word: 

  • Daar word aanbeveel dat skole aan die begin van die jaar ʼn vergadering met al die ouers oor hierdie aspek sal hou. 
  • Skole kan besluit hoe die LO komponent aangebied word en as daar voorheen van buite instansies gebruik gemaak is, kan dit steeds so hanteer word. 
  • Skole besluit watter inligting in die LO komponent gepas, ouderdomspesifiek en gemeenskapspesifiek sal wees. 
  • Ouers mag die reg voorbehou om ʼn versoek aan die hoof te rig om die leerder nie aan bepaalde inhoud bloot te stel nie. Die staat kan nie, en mag nie namens ouers hierdie tipe besluite neem nie. 

Die SAOU bly ʼn kampvegter vir die konstitusionele en professionele regte van sy lede en skoolgemeenskappe. 

Share This Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.