Share This Post

Moedersdagaktiwiteite vir almal

Moedersdagaktiwiteite vir almal

As dit nie vir ons ma’s was nie, was nie een van ons waarskynlik hier nie – sekerlik meer as genoeg rede om alle ma’s met dankbaarheid te vier! Ma’s is dikwels die gom wat gesinne aanmekaar hou en die emosionele steunpilare waarop families staan.   

Elke ma is haar kind se verpleegster, onderwyser, sielkundige, vertrooster, afrigter, sjef, persoonlike assistent, taxibestuurder, grootste aanhanger, towenaar, storieverteller … en sommer nog ’n duisend ander rolle in één mens saamgevat. ’n Ma se soene en drukkies maak alles beter – en ook al is jy lankal nie meer ’n baba nie, bly dit haar werk om te vra of jy ’n trui ingepak het en of jy jou groente geëet het.  

Baie ma’s maak geweldige groot persoonlike opofferings om hulle kinders die beste moontlike opvoeding te gee en daarom moet ons ons ma’s op die hande dra en waardeer! Vertel haar gerus hoe baie sy vir jou beteken en hoe lief jy haar het!

Ook al weet ma’s álles – en al het hulle ’n sesde sintuig vir kattekwaad! – is hulle dol oor verrassings. Kyk gerus na die oulike produkte in ons webwinkel en help só jou leerders om hulle ma’s op Moedersdag te bederf. 

Mamma is uits-TEE-kend

Watter moeë ma sal nie bederf voel deur ’n lekker pot tee wat “bedien” word in ’n handgemaakte kaartjie nie? ’n Maklike aktiwiteit vir die heel kleintjies wat in volkleur óf swart en wit uitgedruk kan word.

 

Gelowe, spesiale dae en vakansiedae

Hierdie pakket bestaan uit 30 muurkaarte propvol inligting oor verskillende gelowe, spesiale dae en vakansiedae. Moedersdag is een hiervan – maar Kersfees, Paasfees, Werkersdag, Vryheidsdag, Valentynsdag, Ramadan, Hindoeïsme en Judaïsme tel onder die verskeie ander temas wat eenvoudig en treffend uitgebeeld word. 

Moedersdag deurhanger

“Sjjj … Mamma rus!” Maak Moedersdag ’n bederfdag deur hierdie deurhanger-patroon uit te druk. Elke leerder kan dit dan na hartelus versier. Die pdf is in Engels of Afrikaans beskikbaar. 

Moedersdagpakket

Sukkel jy om te kies? Dan hoef jy nie verder as hierdie één pakket met kaartjies, vlaggies én deurhangers te soek nie. 

Share This Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.