Share This Post

4 Apps wat jou met klaskamerbestuur en dissipline kan help

4 Apps wat jou met klaskamerbestuur en dissipline kan help

1. ClassDojo, perfek vir die laerskool!

ClassDojo is ‘n kommunikasie app vir die klaskamer. Dit verbind onderwysers, ouers en leerders wat dit gebruik om foto’s, video’s en boodskappe gedurende die skooldag te deel. Hulle gebruik ClassDojo om saam te werk as ‘n span, te deel in die klaskamerervaring, en bring groot idees tot werklikheid in hul klaskamers en huise.

Nakita Klopper, van die WackyNix-winkel op TEACHA!, het die volgende te sê oor ClassDojo:

“Ek gebruik ClassDojo om dissipline in die klas te handhaaf. Kinders kry punte vir verskeie dinge bv. Begin met klaswerk, netheid, goeie maniere en huiswerk. Die app is op my foon gelaai so ek kan enige plek of tyd die punte vir hulle gee. Kinders gebruik dan die punte om ‘n beloning te kry. Bv. ekstra 10 minute pouse, klaskaptein, sit by juffrou se tafel, tee saam juffrou. Elke beloning het ‘n verskillende aantal punte nodig. Bv. ekstra 10 minute pouse is 40 punte, sit by juffrou se tafel is 100 punte.

Die kinders besluit self wanneer hulle die punte wil gebruik vir ‘n beloning. Dit het ook my probleem opgelos van te veel plakkate teen my muur. Die beloningsplakkate of grafieke het te veel plek opgevat, waar ek eerder iets oor tale kon opsit.

My belonings is ook so uitgewerk dat kinders wil saam werk om punte te verdien, om elke keer lekkergoed te kry is nie goed vir hulle of vir juffrou se beursie nie, maar om tee saam juffrou te drink is iets besonders.

Daar is negatiewe punte wat afgetrek word, maar ek gebruik dit nie sommer nie. Dit is baie lekkerder om punte te gee as weg te vat. En die kinders se reaksie op punte gee is meer effektief as wegneem.

Ek nooi ook die ouers van my klas om deel te wees. Ek stuur graag vir hulle ’n vinnige boodskap daarop en die ouers kan sien vir wat die kinders punte kry. Foto’s wat ek op my foon neem word ook op ClassDojo gesit, Nou kan die ouers en ander onnies ook sien wat ons maak of doen, of selfs wie verjaar.

ClassDojo het ook ’n “timer” wat ek gebruik vir ‘n vinnige wiskunde toetsie, of vir speletjies. Dan is daar ook die “directions”, ek tik vir die kinders wat alles gedoen moet word daarop en dit word met die dataprojektor op die bord gesit. So weet almal wat van hulle verwag word.

ClassDojo is volgens my een van die beste apps wat help met die bestuur van klas dissipline en kommunikasie.”

Hierdie video verduidelik ook mooi die wat ClassDojo behels:

2. ClassCraft, ‘n ClassDojo vir tieners!

Ek het in 2016 vir die eerste keer ClassCraft met ‘n groep graad 7 leerders (my gunstelingklas) gebruik. Hulle was mal daaroor!

ClassCraft is ook ‘n app, maar jy hoef nie een af te laai nie. Jy kan sommer direk op die webtuiste die program gebruik. Die klas word opgedeel in groepe en in elke groep is daar groeplede met verskillende “powers.” Daar is bv. ‘n Healer, wat ‘n groeplid kan help om nie gestraf te word nie.

Op ClassCraft moet leerders “XP-points” verdien. Jy ken hierdie punte aan leerders toe soos wat jy klas gee. Voor die tyd kan jy en jou leerders saam besluit wat die XP-punte se kriteria gaan wees, asook wat gaan veroorsaak dat hul “Health-punte” afneem. Dus positiewe en negatiewe punte. Voorbeelde van XP-punte kan wees om ‘n vraag korrek te beantwoord, ‘n meningvolle bydrae te lewer tot ‘n klasgesprek, huiswerk wat op ‘n goeie standaard gedoen is, ens. Die “rooi-punte / health points” kan afneem indien ‘n leerder bv. uitskree, laat is, ens.

Wanneer ‘n leerder al sy “Health-punte” verloor, “fall” hy. Daar word dan ‘n straf aan hom toegeken deur die program. Dit kan enigiets wees van detensie tot time-out, as ‘n klas kan dit ook voor die tyd bepaal word.

Die beste aspek van ClassCraft is dat dit groepwerk bevorder. Indien iemand in ‘n groep punte verloor, verloor die hele groep ook soms punte. Almal motiveer dus mekaar. Leerders kan ook van hul punte gebruik om hul avatar te verander. Hulle kan nuwe klere, wapens en ander belonings “koop” soos om bv. in die klas te mag eet, of 5 minute ekstra pouse te kry.

Indien julle ‘n Google-skool is en van Google Classroom gebruik maak, is dit nog makliker om te gebruik. Jy kan met een kliek al jou leerders se details op die program laai, sonder om dit een vir een te doen! Indien jy jou klas wil “gamify”, is ClassCraft, ‘n goeie begin!
Die terroris-tieners in graad 7 tot 9 sal veral hierdie program geniet.

Dis moeilik om in woorde te verduidelik, kyk hierdie video om meer te leer!

3. BouncyBalls

Hierdie is een van my gunstelingwebtuistes! Dis eintlik net ‘n geraasmonitor om seker te maak dat leerders met hul klaskamerstemme gesels en nie mens se ore van mens se kop af praat nie. Jy stel die intensiteit van die program en sodra jou klas die geraaslimiet oorskry, sê dit “SHHHHH.” Aan die begin (terwyl jou klas dit nog gewoond raak), gee vir hulle ‘n kans om ‘n geraas te maak sodat hulle kan sien wat gebeur. Daar gaan altyd daardie een klein wettertjie wees wat handeklap of skree net om te sien dit werk, maar die nuutheid daarvan weer na ‘n paar dae af.

Dis gratis, dis prettig en dit werk! Besoek dit hier.

Hier is ‘n skermgreep van hoe dit lyk:

4. Classroom Screen (in Afrikaans ook!)

Classroom Screen is ‘n tipe van beheerpaneel vir jou klas, met funksies wat jou sal help met klaskamerbestuur. Die volgende elemente kan vertoon word:

  • ‘n Horlosie en ‘n stophorlosie / timer
  • Jy kan die agtergrond verander
  • Dit kan gebruik word as ‘n witbord (indien jy ‘n interaktiewe witbord het)
  • Daar is ‘n robot met rooi, oranje en groen ligte
  • Jy kan huiswerk daarop “pin”
  • Daar is ‘n sakrekenaar
  • En jy kan die taal na Afrikaans verander! Wow!
  • En meer…

Hier is ‘n skermgreep van hoe dit lyk. Dis fantasties! Ek gaan dit definitief aan al die onnies saam met wie ek werk voorstel.

Lees verder:

Wow! Kyk hoe dollie hierdie onnie sy klaskamer op!

10 idees vir jou klaskamer

Deel jou (GRATIS) hulpmiddels met ander onnies

Wenke vir jou volgende onderhoud

Jou skool benodig ‘n webtuiste: Kwikweb kan help

Video’s vir derdetaalleerders

200 + Wiskundevideo’s vir graad 4 – 7

10 koöperatiewe leerstrategieë (en apps wat handig is daarvoor)

Adverteer onderwysposte / vind jou droompos!

Quizpedia: Laat leerders hul eie vasvrae ontwerp!

6 Memes wat net onnies sal verstaan

Maklike DIY vir ingenieurtjies in jou klas – STE(A)M

Quizlet: Maak digitale flitskaarte!

Idees vir poësie-maand

5 Wenke vir beter klaskamerbestuur

Idees: Maak jou eie leeshulpmiddel!

Idees: Maak stil snoesies!

Inspirasie: Maak jy ‘n verskil?

Inspirasie: Hoe om ‘n gebroke skool heel te maak

Digitale Media in die Afrikaansklas

Afrikaanse hulpmiddels

Share This Post

2 Comments

  1. Hi Jean, ons werk met interaktiewe witbord,
    2 vragie
    Weet jy van n program wat n interaktiewe klas register kan op stel, waar leerders self kom “kliek” of hulle teenwoordig is, vir bietjie pret
    1) ons ouers het WhatsApp misbruik, ons was verplig om dit te stop, bv n what’s app Sondag middag 15 00, nie goed nie, , ek wil graag iets gebruik waar ek al die lekker goed kan deel met die ouers, maar dit moet n een rigting kommunikasie wees, ek deel, hulle Lees en kyk, weet jy van so iets, iemand het , telegram voor gestel
    Ek self het class dojo afgelaai, maar ouers kan tog heelty “reply,
    Sal graag jou opinie wil hoor

    Reply
  2. Looks good.

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.